Trauma Beradingskursus

Ons volgende Trauma Beradingskursus begin Februarie 2019

[ult_dualbutton button1_text=”Lees Meer” icon_link=”url:%23lees-meer|||” btn1_background_color=”#67889c” btn1_bghovercolor=”#5f6a72″ button2_text=”Kostes en Inskrywing” btn_icon_link=”url:%23kostes|||” btn2_background_color=”#012542″ btn2_bghovercolor=”#350052″ divider_style=”icon” divider_text_color=”#ffffff” divider_bg_color=”#e62040″ divider_icon=”Defaults-heart” btn1_text_color=”#ffffff” btn1_text_hovercolor=”#ffffff” btn2_text_color=”#ffffff” btn2_text_hovercolor=”#ffffff” btn1_heading_style=”font-weight:bold;” btn2_heading_style=”font-weight:bold;”]

Registreer nou en word bemagtig as ʼn Trauma Berader.

Die Kursus oor Trauma Berading strek oor ʼn periode van vyf maande en word aangebied in Roodepoort.

Eenkeer ‘n maand, Saterdae oggende om tienuur, plus twee ure se blootstelling  met ‘n teoretiese inslag en heelwat praktiese toepassings

Sitplekke is beperk. Toepaslike opleidings fasiliteite met goed voorbereide lesings materiaal asook toepaslike DVDs en CDs.

‘Kom vervul so u God-gegewe roeping’.

HOEKOM U HIERDIE KURSUS MOET OORWEEG:

  • Hierdie Trauma Beradings Kursus se fondasie word gerugsteun deur die Bybel
  • U word bemagtig om getraumatiseerde individue by te staan
  • U word ook deur ‘n proses geneem van selfverryking en emosionele genesing
  • Ons gaan u in staat stel om hierdie nuut gevonde beginsels in ‘n werklike situasie toe te pas
  • Sodoende kan u ook ʼn inkomste genereer

WIE SAL NUT VIND BY HIERDIE KURSUS:

  • Onderwysers
  • Beraders
  • Herders van Gemeentes
  • Nooddienste
  • Sielkundiges
  • Dokters en Verpleegsters
  • Ouers

Ja, almal wat met mense te doen het.

WAT IS DIE DIREKTE SIMPTOME

…wat u kan verwag by u pasiënt na so ʼn Traumatiese insident:

Woede, eiewilligheid, verslaentheid, neerslagtigheid, ‘n gevoel van “geen lus vir die lewe meer nie”, ‘n verlies aan menswaardigheid en selfs skuldgevoelens wat tot neerslagtigheid aanleiding kan gee.

WAT IS DIE LANGTERMYN NEWE EFFEKTE

…van so ‘n traumatiese gebeurtenis:

Geloofsversaking,  medikasie afhanklikheid,  isolasie van die samelewing, psigosomatiese siektes, depressie, angsaanvalle, herhalende gedagtes van die gebeurtenis, selfs selfmoord gedagtes en langtermyn emosionele letsels.

'N BYBELSE VERWYSING

Toe stuur Elisa ‘n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jy rein wees. Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en die Naam van die HERE sy God aanroep en die melaatsheid wegneem. 2Ki 5:10

Naäman was nie net teleurgestel in die Here nie maar ook in die profeet. Sy woede spreek van ‘n opstandigheid,  wraak nemende gedagtes, onvergifnis, verbittering en ‘n verslaentheid wat verseker langtermyn emosionele letsels gaan veroorsaak. Verseker het hierdie teleurstelling net die ou wonde van verwerping geaktiveer in Naäman se lewe.

Hierdie Trauma Berading moet so gou as moontlik toegepas word na die insident  en dit is juis hierdie feit wat dit onderskei van die gewone Pastorale Berading. Sou die Trauma Berading suksesvol toegepas word is dit in baie gevalle nie eers nodig dat die Pastorale Berader of die Sielkundige se professionele kundigheid gebruik gaan word nie.

Die 6 hoekstene van die Trauma Beradings Kursus:

[just_icon icon=”Defaults-medkit” icon_size=”25″ icon_color=”#012542″ icon_style=”circle” icon_align=”left”]

DIE METODIEK VAN TRAUMA BERADING

Binne 24 uur na ‘n traumaties insident moet u as Trauma Berader alreeds die getraumatiseerde persoon te hulp snel en hom bystaan sodat die gebeurtenis nie ‘n langwerkende emosionele letsel en/of fisiese siektes tot gevolg kan hê nie. [expand title=”Meer” startwrap=”” endwrap=”“]
Onmiddellik moet vasgestel word wat is die noodsaaklikste elemente wat inwerking gestel moet word: Die integrering van verskillende hulpmiddels en organisasies wat betrokke moet raak as ‘n ondersteunde netwerk, die stabilisering van die pasiënt en ontlonting van die stres komponente. Hierdie eerste kontak met die pasiënt – wat hetsy gemolesteerd was of betrokke was in ‘n skietvoorval, ʼn motorongeluk, ʼn egskeiding of dalk ʼn roof insident, selfs die dood van ʼn geliefde – is van kardinale belang. U as ʼn Professionele Identiteit moet die regte stappe na herstel in plek kan stel. Myns insiens is hierdie tipe berading ʼn spesialis veld wat braak lê en wag vir goed opgeleide Trauma Beraders om hulle plek in te neem in die proses van genesing.
[/expand]

[just_icon icon=”Defaults-connectdevelop” icon_size=”25″ icon_color=”#012542″ icon_style=”circle” icon_align=”left”]

VERNUWE U GEDAGTES

Ontgiftiging van die liggaam van toksiese stowwe sodat u optimaal kan funksioneer.

Rom 12:2 word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.[/expand]
[expand title=”Meer” startwrap=”” endwrap=”“]

[just_icon icon=”Defaults-group users” icon_size=”25″ icon_color=”#012542″ icon_style=”circle” icon_align=”left”]

BEGINSELS VAN BERADING

Alreeds gedurende die eerste nege maande in utero, kan die ouers d.m.v. hulle gedagtes en emosies [hetsy positief of negatief] ‘n direkte invloed uitoefen op die bevrugte eiersel. [expand title=”Meer” startwrap=”” endwrap=””]Die kind se lewensgeskiedenis, die kind se interaksie met sy medemens en traumatiese ondervindings waardeur hy moes worstel gaan verseker emosionele-letsels nalaat in sy geheue basis. Dit kan ʼn verreikende negatiewe inpak hê op die persoon se lewens kwaliteit. Ons gaan u bemagtig met die Trauma Beraders Kursus om professioneel die leiding te neem met u kliënt se negatiewe gebeurtenis, met genoegsame leiding die teorie en die prakties te vermeng om u ‘n vaardige instrument te maak in die hand van die Heilige Gees.
[/expand]

[just_icon icon=”Defaults-child” icon_size=”25″ icon_color=”#012542″ icon_style=”circle” icon_align=”left”]

ELIMINERING VAN STRES

Hierdie kursus oor Stres Beheer is gebasseer op Bybelse waarhede, is Gees geïnspireerd en volg beproefde wetenskaplike navorsing. ‘n Holistiese benadering na ‘n kwaliteit-bestaan betrek elke dimensie van u lewe.[expand title=”Meer” startwrap=”” endwrap=”“]

  • Vitamien en mineraal aanvullers
  • U tipe voedsel inname
  • Oefening, die beheer van
  • Eksterne stres en die verwydering van
  • Inherente vrese
  • Reiniging van u liggaam van parasiete
  • Detoksifisering van u niere en u lewer

Sou u hierdie riglyne volg gaan u verseker gewig verloor en by gesê; u gaan gesond wees en geestelik baie meer sensitiewer wees vir God se leiding. Hierdie bogenoemde materiaal gaan u in staat stel om u pasiënt maksimaal te kan bystaan gedurende die verwerking van sy traumatiese gebeurtenis.

[/expand]

[just_icon icon=”Defaults-bolt flash” icon_size=”25″ icon_color=”#012542″ icon_style=”circle” icon_align=”left”]

DIE OEROUE SONDE

Hierdie kursus oor Hoogmoed gaan u in staat stel om hoogmoed – wat so ingeweef is in ons huidige omstandighede – te verstaan en om ander te bevry.[expand title=”Meer” startwrap=”” endwrap=”“]

  • As jy dink en as jy optree asof jy beter is as ‘n andere dan gaan die Here jou verneder.
  • Begin negentigs grou ek slote soos ‘n arbeider. Gedink dit is normal; totdat ek eventueel in radeloosheid [vyf jaar later] en in desperaatheid roep ek na die Here. Toe begin die Here my oplig.
  • Job kom tot ‘n val, in duisternis stort hy neer en beland op ‘n ashoop. In hardkoppigheid weier hy om tereggewys te word. Nebukadnesar hef weer aan en sê “Kyk na wat ek verwerf het, kyk na my invloed oor die mens en hy word verneder tot die vlak van ‘n dier.
  • Satan het twee maniere met die mensekind. Eerstens sal hy wat wil probeer om u te verhinder om God se kind te word en daarna, sou hy nie slaag nie, probeer hy hoogmoed.
  • Hardkoppigheid en onleerbaarheid en eiewys verhinder verdere herstel.

[/expand]

[just_icon icon=”Defaults-book” icon_size=”25″ icon_color=”#012542″ icon_style=”circle” icon_align=”left”]

INLEIDING TOT OPENBARING

Die nuwe koning/antichrist sal drie van die tien horings/koninkryke omverwerp en eventueel sal die ander hulle self onderwerp aan sy gesag. Satan sal deur die persoon magtige tekens verrig sodat selfs gelowiges mislei gaan word. Die Woord verklaar dat satan progressief van hom besit gaan neem. Is dit dalk dieselfde soos met Judas… die verraaier?[expand title=”Meer” startwrap=”” endwrap=”“]

  • God weet alles – God waarsku ons – Die Here gee almal ‘n gelyke kans.
  • Daniel het verskeie drome gedroom wat die sewe jaar van die boek Openbaring omskryf.
  • U is die hoof van goud – Sy bors en sy arms was van silwer.
  • Daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk – Na die drie se val ‘n nuwe koninkryk.
  • Titels wat toegedig word aan die antichris – Die profete het die antichris sien kom.
  • Gaan die antichris verwoes – Die inval met Rusland op die voorgrond.
  • Die koning van China kom te voorskyn met 200,000,000 soldate met die drooglegging van die Nyl rivier.

[/expand]

“Nie net gaan ons u ‘n berede Berader maak nie
maar ook in staat stel om ander te kan help”

KOSTES

Die kursus kos R4500 in totaal.
Registrasie fooi – R500 betaalbaar so gou as moontlik om u plek te verseker.
Op aanvangs datum R2000 en die res versprei oor vier maande [R500 per maand].

Bank Besonderhede:
Louis de Kock
ABSA Bank
Spaarrekening
Rekening Nommer: 906 413 0408
Tak Kode: 630572

Stuur bewys van inbetaling na ons e-pos adres: louis@metamorfose.co.za

*Daar is ʼn OTM kaardmasjien beskikbaar om inbetalings te doen. Maak asb. gebruik daarvan om dit vir ons makliker te maak.

TOEWYDING

Die Kursus strek oor ʼn periode van ‘n vyf maande en word aangebied in Roodepoort.

Eenkeer ‘n maand, Saterdae oggende, plus twee ure se blootstelling met ‘n teoretiese inslag en heelwat praktiese toepassings.

Gereed om in te skryf?