“Ek is lief vir God die Vader en Jesus Christus my Middelaar en die Heilige Gees my Helper; met my hele hart en my verstand met alles wat in my is… ook is ek lief vir my naaste net soos ek lief is vir myself.”
Die siening dat psigiese prosesse ‘n liggaamlike siekte kan veroorsaak, is so oud soos die geneeskunde self. Indien ‘n toestand as psigosomaties geklassifiseer word, beteken dit nie dat alle gevalle van die betrokke siekte deur psigiese prosesse veroorsaak word nie. Dit is moontlik dat die siekte in sekere gevalle ‘n suiwer organiese oorsaak kan hê. Daar word beweer dat + – 90% van alle siektes veroorsaak kan word deur ‘n emosionele toestand, het sy oormatige vrese, depressie, teleurstellings, ens. Vervolgens sal aan die belangrikste van die psigosomatiese versteurings aandag gegee word:
- Peptiese ulkusse is `n seer wat aan die maagwand aangetref word – stres speel `n prominente rol in die verkryging van maagsere.
- Asma word gekenmerk deur herhaalde en ernstige aanvalle van asemnood – stresverwand
- Essensiële hipertensie verwys na hoë bloeddruk waarvoor daar geen bekende oorsaak is nie. In ernstige gevalle kla die persoon van hoofpyne, moegheid, slaaploosheid en duiseligheid. Sonder behandeling verhoog dit die risiko van `n hartaanval, beroerte en nierversaking. Stres word algemeen aanvaar as die oorsakende faktor.
- Spannings hoofpyn word beskryf as `n volgehoue, dowwe pyn wat aan albei kante van die kop ondervind word en `n gepaardgaande prikkelende sensasie op die kop. Selfs `n gespanne nekspier is `n aanduiding van `n onderliggende vrees.
- Migraine meer intens as bogenoemde – word net aan die een kant van die kop ervaar `n flitsende lig, swakheid, duiseligheid, floutes, naarheid, formering a.g.v. stresvolle omstandighede, sekere emosies soos frustrasies en onderdrukte woedebuie, en sekere persoonlikheideienskappe soos perfeksionisme en ambisie kan die probleem wees.
- Kanker daar is gevind dat stresvolle lewenservarings, veral ervarings van skeiding, verwerping en verlies, die aanvang van verskeie kanker soorte kan voorafgaan.
- Koronêre hartsiektes, spastiese dikderm, spierpyne, allergieë, sinus, vel probleme, hare wat uitval, hartaanvalle, is ook verdere moontlikhede.
Stres hou ook verband met:
- Slaaploosheid
- Tandeknersing
- Ekseem
- Probleme om swanger te raak
- Chroniese moegheid sindroom
- Endiometriose Seksuele wanfunksie
- ADHS vir aandagafleibaarheid word Ritalin voorgeskryf – gaan Google Ritalin gerus en u sal die volgende vind: “Ritalin (methylphenidate) is a central nervous system stimulant prescribed for treating narcolepsy (uncontrollable sleepiness), and attention-deficit hyperactivity disorder (ADHD). Ritalin is available as a generic drug. Common side effects of Ritalin include nervousness, agitation, anxiety, sleep problems (insomnia), stomach pain, loss of appetite, weight loss, nausea, vomiting, dizziness, palpitations, headache, vision problems, increased heart rate, increased blood pressure, sweating, skin rash, psychosis, and numbness, tingling, or cold feeling in your hands or feet.”
Surely He has borne our griefs (sicknesses, weaknesses, and distresses) and carried our sorrows and pains [of punishment], yet we [ignorantly] considered Him stricken, smitten, and afflicted by God [as if with leprosy] – Isa 53:4