Emosionele Letsels
Almal van ons het dit, word gevorm in die geheuebasis.
Tydens die eerste nege maande in utero, kan die moeder en vader alreeds d.m.v. hulle gedagtes en emosies ‘n direkte invloed uitoefen op die bevrugte eiersel. Daar word gereken dat die eiersel ses ure na konsepsie alreeds gevoelig is vir die beïnvloeding van die ouers. Reeds kan hierdie kind ervarings meemaak van verwerping of vrese of skuldgevoelens wat permanente letsels nalaat in sy geheuebasis.
Daar is drie verskillende letsels -die Bybel noem dit ‘bome’- [Luk.6:44] wat tot ‘n mindere of meerdere mate geaktiveer word deur stres. Elke letsel het sy eie simptome- die Bybel noem dit die werke van die vlees. [Gal.5:19]