……… “en ‘n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.”
Mar 4:37
• Ons lees die verhaal van die dissipels wat hulself in n storm bevind het en gevrees het dat hulle sal vergaan agv die water wat inkom.
• Net so bevind ons, onsself baie keer in ‘n storm en dit voel of ons gaan sink en dan vra ons hoekom.
• Geliefde die enigste rede vir storms in ons lewe is dat die Here ons ‘n nuwe dimensie van Sy krag wil wys.
• Laat toe dat die Here vir jou opstaan en die wind bestraf en vir die storms sê:
SWYG, WEES STIL!
Gebed: Here dankie vir U krag wat in elke storm geopenbaar woord. Lei my om altyd op te kyk na U en nie die storm nie. In Jesus naam. Amen Deon Shalom
………..
Gedagte:
Storms is alledaags in ń Christene se lewe .. maar tog vind jy sommige mense het meer storms.. en ja groter storms as ander.. die oorsprong is baie keer agv ‘saad’ wat jy gesaai het as kind.. dalk jou ouers nie geëer.. of jou kinders nie geag nie..?
David se Owerspel het baie storms veroorsaak by baie mense.. en op sy ‘inkeer’ het die ‘storms’ bedaar.
so.. wat wil ek vir u sê.. moenie vir ń profeet wag om jou wakker te maak nie..
* Natan moes David letterlik aanspreek om sy sonde te erken terwyl Hannah uitgeroep het in haar storm en Samual was haar vergoeding.
“emosionele letsels vd verlede drae baie by tot storms in jou lewe”