Goeie More Dr. Louis en Annatjie, Ek wil weereens net BAIE dankie sê vir alles tydens hierdie kursus. Dit het my nie net bekwaam gemaak om ander te help nie, maar so ook myself! Ek voel werklik vernuwe.
Berading Konsultasies
Dr. Louis [DTh] en Annatjie de Kock is beide geskool in Pastorale Sielkunde en werk as Leraars landswyd in verskillende denominasies. Gedrewe deur God’s Gees bied hulle die Metamorfose Seminare aan om mense te help om van hulle emosionele bagasie ontslae te raak.
Tans is hulle voltyds betrokke in hulle Spreekkamers te Ondekkerspark in Roodepoort. Naweek Seminare in Pastorale Berading word ook perodiek aangebied.
Ons volg ‘n holistiese benadering wat die gees en siel en die liggaam as ‘n funksionele eenheid, interafhanklik van mekaar, hanteer, wetend dat God die Skepper van die mens is.
Ons Help Graag…
- Selfmoord neigings het
- Oorgewig
- Jaloers
- Kan nie vertrou nie
- Sukkel met die nagevolge van seksuele molestering
- Kinders met leerprobleme
- Nagevolge van ‘n aborsie
- Traumatiese ondervindings
- Angsaanvalle
- Depressief
- Pornografiese verslawing
- Onbeheerde woede aanvalle
- Egosentries
- Huwelikspare wat kinderloos is
- Huweliksprobleme
- Kan nie kommunikeer nie
- Sien altyd my foute raak
- Ek die koue een
- Kan nie geskille oplos nie
- Skoonouers meng in
- Kinders is buite beheer
- ‘n Tweede huwelik… weer probleme
- Alles het so goed begin…
- Saambly ons wil trou maar…?
En meer.
U moet verstaan dat…
Al die bogenoemde vrugte of simptome is van n traumatiese ervaring in u verlede en dat GEEN Sielkundige of Berader u gaan help as hulle die vrugte/simptome aanspreek of onderdruk met medikasie… Slegs die Leraar wat gegrondves is in die Woord van die Here/ geïnspireer deur die Gees van God kan u help om die emosionele letsels/bome te verwyder.
Heb 9:14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke [emosionele letsels] om die lewende God te dien.
KONSULTASIE FOOI: R520/individu of R820/paartjie
*Pryse is onderhandelbaar en afbetaalbaar. Kontak Dr. Louis vir onderhandeling…!*
Ons is beskikbaar vanaf Maandae tot en met Vrydae (en indien nodig oor naweke). Ons doen sessies aanlyn en in persoon.
- Individuele uurlikse sessies is beskikbaar.
- Paartjies kan deelneem aan uurlikse sessies.
- Senior burgers kan sessies gratis geniet.
Ons wil u help… moet nie dat u finansies u weerhou om te kom nie, kontak ons gerus, ons help u graag.
Emosionele Letsels
Almal van ons het dit, word gevorm in die geheue basis. Tydens die eerste nege maande in utero, kan die moeder en vader alreeds d.m.v. hulle gedagtes en emosies ‘n direkte invloed uitoefen op die bevrugte eiersel. Daar word gereken dat die eiersel ses ure na konsepsie alreeds gevoelig is vir die beïnvloeding van die ouers. Reeds kan hierdie kind ervarings meemaak van verwerping of vrese of skuldgevoelens wat permanente letsels nalaat in sy geheue basis.
Daar is drie verskillende letsels -die Bybel noem dit ‘bome’- [m.a.w. bome Luk.6:44] wat tot ‘n mindere of meerdere mate geaktiveer word deur stres. Elke letsel het sy eie simptome- die Bybel noem dit die werke van die vlees… [m.a.w. vrugte Gal.5:19]
Die Drie Bome
Vrees
Sy vrugte is: Kan nie konsentreer nie… Verward… Beneuk… Befoeterd ens. en die Verwante siektes… hartaanvalle… spastiese kolon… hoofpyne ens.
Verwerping
Sy vrugte is: Rebels… Verbittering… Swak selfbeeld ens. Die verwante siektes… Kanker… Artritis… Suikersiekte…
Skuldgevoelens
Sy vrugte is: Depressie… Selfmoord gedagtes… en hierdie persone word geteiken om gemolesteer te word.
Ses uur na konsepsie…
Berading Sessie
Psigomaties Siektes
Leerprobleme
Met ons eerste besoek voltooi die klient die aangehegte vorms ..
Doen u eie ontleding as n proeflopie .. op die 4 de bladsy is die
die drie wortels probleme of emosionele letsels.. nl. VREES . VERWERPING en SKULD GEOELENS met die verwante vrugte wat SIGBAAR word onder spanning of druk m.a.w. sodra daar druk is tussen die partye oorheers hierdie negatiewe kenmerke jou liefde en vrede en selfbeheersing .. en die konflik vererger.
As Leraars verwyder ons die emosionele letsels
Getuienisse van hulle wat reeds ‘n metamorfose ervaar het…
Wat ander sê
Ons is getroud in 2005 en het van die begin af emosionele en finansiële probleme gehad. Ons het staat gemaak of sielkundiges en op ons self wat glad nie gehelp het nie. Die lering oor die drie emosionele letsels stel jou in staat om jou eggenoot en ander mense beter te kan verstaan en te help.
Dr. Louis het my met lering en gebed gehelp om ontslae te raak van die wonde in my siel- ook in elke ander persoon se siel- nl. vrees, verwerping en skuld. Na die derde sessie het ek Sy stem duidelik in my Gees begin hoor en dit is onbeskryflik wonderlik dat Hy my waardig genoeg ag om op so manier met my te praat. Die materiaal van die Beradings model is eenvoudig, maklik verstaanbaar en prakties.’n Mens leer vinnig hoe om dit toe te pas.